NUUS | BROKKIES
Uitheemse biomassa vir meer waardige behuising
Miljoene mense wag steeds op hul staatsbefondsde huise , en die ontwikkeling van bekostigbare , volhoubare en waardige behuising bly ‘ n dringende noodsaaklikheid in Suid-Afrika .
’ n Innoverende samewerking tussen die Kaapstadse maatskappy nonCrete , die Instituut vir Tegnologie in Argitektuur aan ETH Zürich , Switserland , en die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing ( WNNR ) het ‘ n baanbrekende ontwerp- en konstruksiemetodologie opgelewer vir veiliger , meer waardige behuisingsalternatiewe .
Die ontwerp volg ’ n sirkel-ekonomiebenadering wat verskeie kwessies aanspreek , insluitend veilige en waardige behuising , uitheemse indringende plantegroei , Suid- Afrika se varswatertekort , werkskepping , SMME ontwikkeling , koolstofvoetspoor-vermindering , en die vermindering van die gebruik van staal , sand en sement .
Hierdie projek , wat drie jaar sal duur , word deels befonds deur die WWF Nedbank Green Trust en die WNNR se Sirkel-Ekonomie Demonstrasiefonds . Dit staan bekend as “ uitheemse plante vir behuising ” en het in April 2024 begin in vennootskap met nonCrete , die niewinsorganisasie Phuhlisani , en die Elandskloof-gemeenskap naby Citrusdal in die Wes-Kaap .
Die Elandskloof-gemeenskap woon op ‘ n plaas wat in die grondhervormingsproses aan sy ongeveer 500 inwoners terugbesorg is . Hulle is in 1962 deur die regering van hul grond ontneem , en dit is in 1996 aan hulle teruggegee . Byna 30 jaar later bly die inwoners steeds in
32 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024