BROKKIES | NUUS
Sal jy R40 betaal vir een aarbei ?
Luukse vrugte , wat voorheen slegs in Asiese markte te vinde was , het nou ook in die VSA ‘ n voet in die deur gekry danksy sosiale media-smaakmakers wat betaal word om hierdie eksklusiewe happies op TikTok te bemark , terwyl deli ’ s en winkels soos Whole Foods Market nou duur vrugte op hul rakke vertoon .
Amerikaanse groeiers soos Oishii , Melissa ’ s Produce , en Harry & David , staan aan die voorpunt van hierdie nuwe neiging . Hulle groeitegnieke , produkvarietiteite en produkpryse onderskei hulle van tradisionele landboubedryf .
OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 29