Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 53

BROKKIES | NUUS

Inent , beskerm , voorkom : Wêreld Hondsdolheidsdag 2024

Wêreld Hondsdolheidsdag , wat op 28 September 2024 plaasgevind het , het wêreldwyd mense en organisasies gemobiliseer om saam te werk teen een van die gevaarlikste soönose wat mense en diere raak . Met die tema “ Breek Grense ” het die dag ’ n sterk boodskap gedra oor die belangrikheid van samewerking oor grense heen om hondsdolheid te bekamp .

Hondsdolheid , ’ n dodelike virus wat enige soogdier kan besmet , is amper altyd fataal sodra simptome verskyn . Hierdie simptome sluit in gedragsveranderinge , oormatige speekselvloei , verlamming , en aggressie . Op Wêreld Hondsdolheidsdag is die kritieke rol van inenting weer beklemtoon as die doeltreffendste manier om hierdie siekte te voorkom .

Wetgewing in Suid-Afrika vereis dat alle honde en katte ingeënt moet word om beide mense en diere teen hondsdolheid te beskerm . Die eerste inenting moet op drie maande ouderdom gegee word , gevolg deur ’ n herinenting binne een tot 12 maande , en daarna elke drie jaar .

59 000 sterftes per jaar

Die aantal sterftes veroorsaak deur hondsdolheid wêreldwyd , waarvan 95 % in Afrika en Asië voorkom . Van 1983 tot 2023 het Suid-Afrika gemiddeld 10 laboratorium-gediagnoseerde gevalle per jaar gerapporteer . Baie verskillende diere kan die hondsdolheidvirus opdoen en oordra , maar huishoudelike honde is die belangrikste oordragvektor na mense .

OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 27