Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 42

KOEITJIES & KALFIES

Is daar enige boere wat hoendermis met ander voer vir eie gebruik verpil ?

( - Kom ons Boer )

Ek meng dit met mielies en melassameel , maar ek maak nie pille nie . Gooi die hoendermis uit met ‘ n aangepaste kalkstrooier en maak strepies in jou weiding . Die beeste eet die mis en die gras , en jy skep drukbewyding sonder ‘ n heining . Dit help ook met hersaai van jou land . Hoendermis verpilling is baie duur en nie die moeite werd nie . Verpilling in mengers werk glad nie goed nie , verbruik te veel krag en toerusting slytasie is hoog . Ek strooi lang strepies op bloukweek ; wat oorbly is goed vir die gras .

22 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024