Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 38

KOEITJIES & KALFIES

My buurman se beeste breek aanhoudend deur op my grond , trap my pype stukkend en vreet my weiding en bome . Ek het hom al baie vriendelik gevra om iets daaraan te doen , maar ek kry net jammer gesê en beloftes van draadherstel . Hy woon nie op sy grond nie , en ek het nie die tyd om elke keer sy beeste aan te jaag nie . Ander boere is ook moedeloos . Wat sê die wet ? My verbitterheid is teenoor die buurman , nie die beeste nie . Wat sê die wet ?

( - Kom ons Boer )

Kontak die SPCA . As daar nie genoeg weiding is vir die beeste nie , kan hulle geskut en verkoop word . Jaag die beeste ‘ n paar kilometer verder op pad af . Plant ‘ n strook lusern , maar wees versigtig . As jy die beeste skut toe neem , kan jy dalk wraak sien in die vorm van ‘ n plaasbrand in die winter . As hulle weer op jou grond kom , vat hulle na jou kraal . Rapporteer dit by die skutmeester en polisie , en hou die beeste vir 72 uur voordat jy hulle skut toe neem . Kry ‘ n onafhanklike persoon om die skade te bereken en vra vergoeding van die bees-eienaar . Kry ‘ n hofbevel as daar geen ooreenkoms bereik word nie .

20 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024