KOEITJIES & KALFIES
Geniet ‘ n paar diamantjies van landbou-gefokusde sosiale media platforms . Van skerpsinnige vrae en ligte grappies tot hartroerende verhale wat jou dag sal opkikker .
Hoe hou ek die ape uit my mango bome ? Die klein vruggies is al aan en ek wil gereed wees .
( - Kom ons Boer )
Sit speelgoedslange in die bome . Ape is baie bang vir slange en sal wegbly . Ek gebruik ‘ n radio wat dag en nag speel , veral Radio Sonder Grense . Dit hou die ape weg van my pampoenlande . Skiet werk , maar jy moet almal skiet . Die oorblywende ape leer vinnig om weg te kruip en kom terug sodra jy die huis instap .
OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 19