Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 128

GERBER & CO + GIDEON WAARDEKETTING MILLING | WAARDEKETTING | GERBER & CO + GIDEON MILLING

’ n Goeie vriend was by ‘ n veiling waar ‘ n koringsteenmeul opgeveil is , maar dit wou nie verkoop nie – dalk omdat mense nie gedink het daar was geld in nie . En dis waar alles begin het .

Ons het in die winkels ingestap , gesien wat steengemaalde meel kos , en gedink dat as ons dit terugwerk na die tonneprys vir koring , ons baie geld gaan maak . Wel , dit is wat ons gedink het .”

WAT WAS JOU GROOTSE UITDAGING ?

Stefan Gerber : “ As jy nie toegang tot geld het nie , kan jy met niks begin nie . The buck stops with money . Dit is waar georganiseerde landbou ‘ n verskil kan maak - deur vir die regering te sê , hier is mense met idees , en julle het die geld ... en hier is die seeding capital . Daar bestaan nie iets soos ‘ n Venture Capitalist in Suid-

Afrika nie . Hy wil ‘ n verband op jou grond uitneem as

OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 65