xxx | xxx
UITSONDERLIKE WAGYU BEGIN BY ONS BOERE
By PROTEA RESERVE CO glo ons dat boere sterker staan wanneer hulle saamwerk. Ons bring Wagyu-produsente, genetika, kennis en markgeleenthede bymekaar om volhoubare waarde te skep— van die plaas tot by die verbruiker.
UITSONDERLIKE WAGYU VERG TYD
Wagyu-boerdery is ʼn langtermynbelegging. Uitstekende genetika, doelgerigte voeding, goeie bestuur en geduld is noodsaaklik om vleis van uitsonderlike gehalte te produseer.
Suid-Afrika beskik oor die potensiaal om Wagyu van wêreldgehalte te lewer— vir ons plaaslike mark én vir verbruikers regoor die wêreld.
DIE KRAG VAN SAMEWERKING
Protea Reserve Co bring boere, beeste en kundigheid bymekaar om ʼn betroubare voorsieningsketting te bou. Deur die regte diere met die regte markte te verbind en die volle karkas optimaal te benut, skep ons sterker, volhoubare markgeleenthede. Elke plaas is uniek, daarom bied ons persoonlike ondersteuning wat by elke produsent se behoeftes pas.
VAN KENNIS TOT MARKGELEENTHEDE
Genetika, bestuursdata en slagresultate help ons om elke dier se potensiaal beter te verstaan en te benut. Met noukeurige beplanning, die regte diere en goeie tydsberekening lewer ons weekliks vars Suid-Afrikaanse Wagyu.
MÉÉR AS NET UITSONDERLIKE VLEIS
Agter elke Wagyu-produk staan ʼn boer, ʼn familie en ʼn toekoms. Ons glo in deursigtigheid, konsekwente gehalte, harde werk en vertroue wat verdien word deur beloftes na te kom.
DIE TOEKOMS VAN SUID-AFRIKAANSE WAGYU LÊ IN SAMEWERKING.
IS JY’ N WAGYU-BOER? KOM GESELS MET ONS
VAN PLAAS TOT MARK Hand aan Hand
ONS BRING UITSONDERLIKE WAGYU VAN DIE HART VAN ONS SUID-AFRIKAANSE
BOERE NA DIE WÊRELD SE BESTE TAFELS
NOV 2026 GROND TOT MOND www. proteareserve. com | admin @ proteareserve. com | 079 386 0151 21