Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 35
BROKKIES | NUUS
KAL Group het Johann le Roux as sy nuwe hoof uitvoerende beampte aangewys. Hy het op 1 Maart 2026 by Sean Walsh oorgeneem, wat ná bykans 15 jaar as uitvoerende hoof aftree.
Le Roux is’ n geoktrooieerde rekenmeester en dien reeds sedert 2014 as nie uitvoerende direkteur op KAL Group se raad. Met sy ervaring in landboubesigheid, kleinhandel, logistiek en beleggings word hy gesien as’ n logiese opvolger om die groep se groeistrategie verder uit te voer. Die daaglikse bestuur van Agrimark Operations en PEG Retail Operations bly intussen in die hande van hul onderskeie besturende direkteure.