Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 16

DEUR DIE LENS

NIKIE & KOOS DE VILLIERS | MORGENSTER Fotografie: Mia Truter

Hoog teen die hange van Hooggeberg, met uitsigte oor die Durbanvillevallei en Tafelberg in die verte, boer Nikie en Koos de Villiers op Morgenster met die wete dat kleiner grond’ n mens dwing om slimmer en harder te boer. Die plaas dra die spore van’ n lang familiegeskiedenis in die streek, maar ook van nuwe idees, fyn aanpassings en’ n vasberade strewe na beter opbrengste.

16 GROND TOT MOND MRT 2026