Fotografie: Mia Truter & Michel Dei-Cont
NETTE
Boerdery met minder aan die toeval oorgelaat
Fotografie: Mia Truter & Michel Dei-Cont
’ n Net oor’ n boord is vandag veel meer as net beskerming. Dit vorm toenemend deel van die boerdery se beplanning, begroting en werkswyse. Die afgelope seisoen het dit weer duidelik gewys. In Februarie 2026 het swaar hael en wind pomevrugtestreke in die Langkloof en Ceres getref. In die Langkloof is oesverliese op 12 % tot 17 % geraam, en in Ceres op 5 % tot 15 %. Naby Krakeel is windsnelhede van tot 120 km / h aangeteken.
Heel bo: Middelburg se netteboorde net buite Robertson wys hoe moderne beskermingstelsels deel word van langtermyn-produksie-beplanning, en nie bloot’ n reaksie op weerrisiko is nie. Heel bo regs: By Habata naby Robertson word nette nie net vir gewasbeskerming gebruik nie, maar ook om waterbestuur te verbeter en beter uitpakresultate onder uitdagende toestande te ondersteun.
98 GROND TOT MOND JUN 2026