KOEITJIES & KALFIES
“ Boere wat mieliemeel aan werkers voorsien – hoeveel kg sak mieliemeel per werker?”
(- Kom ons boer)
Ek het opgehou om kos te voorsien. Daar is vroeër drie etes per dag vir die werkers gekook.’ n Werker het heeldag op’ n stoof gestaan en kos gemaak – elke dag vleis, groente en pap. Potte vol pap, borde propvol. Toe sien ek hoe word die groente uitgekrap en weggegooi, hompe pap word net weggegooi. Ek het toe’ n vergadering gehou en gevra: geld in die plek van kos, of eerder’ n bord kos? Almal het geld verkies. Wat’ n goeie besluit! Krag,’ n werker se salaris, al die vleis en groente, die koei vir melk … Nou word niks gemors nie. Dit werk baie beter uit. Al kry’ n werker R500 se voordele, wil hy dit eerder as note sien.
Volgens regulasies mag’ n werkgewer 10 % van die loon aftrek vir kos. Met’ n loon van R3 000 is dit R300 – genoeg om basies R300 se meel aan te koop.
Dit hang seker af wat jy as werkgewer wil gee bo en behalwe die minimum loon. Ek kyk so goed as wat ek kan na my werkers, en hulle doen dieselfde. Ek sien dit, hulle sien dit – en ons waardeer dit.
Ons bestel by’ n plaaslike meule wat hulle verkies, en verhaal dan die koste van hul loon.
Hang natuurlik af hoe groot die gesin is. In die ou dae was dit 80 kg per gesin.
24 GROND TOT MOND JUN | JUL 2025