VANZYLSRUS | MEGABOER
Op Vanzylsrus word SW van Zyl se lewensfilosofie geleef: Doen 100 % van die dinge 100 % reg – elke dag, elke ry, elke aartappel.
In 2015 het hy en Hannelie hul eerste plaas net langsaan gekoop. Vandag is die verpakkingseenheid op Louwsrus’ n integrale deel van die hele boerdery-onder-neming. Die verpakking van die prepacks – die 1 kg-, 2 kg- en 3 kgsakkies aartappels – word hier gedoen.
GOEIE BEMARKING IS VAN KARDINALE BELANG
SW se passie vir bemarking het sommer in die beginjare op Wadrift begin.
“ Ek moes’ n ekstra inkomste verseker en het toe sommer die aartappels self begin smous. Ek het nooit geweet ek is’ n bemarker nie, maar vandag besef ek dit is in my bloed. Hoe bemarking werk en wat die koper en die huisvrou soek, het ek dus sommer vroeg in my lewe geleer.”
74 GROND TOT MOND JUN | JUL 2025