MEGABOER | VANZYLSRUS
Wanneer mens die bedrywighede van Sandveld Aartappels( Edms. Bpk.) gade slaan, kan mens skaars glo dat SW die plaas Vanzylsrus eers aan die einde van 2021 gekoop het.’ n Reuse verpakkingsaanleg is op die grond gebou om topgehalte aartappels aan kettingwinkels soos Spar, Pick n Pay, die Shoprite / Checkers-groep en OK te verskaf. Die handelsmerk waaronder die meeste van hierdie aartappels bemark word, is Freshmark.
Dit was’ n klein, nederige begin. En sou hy as matriekseun ooit kon dink dat sy besigheid só sou uitbrei?
“ Nie in my wildste drome nie! Ek het ná matriek in Vredendal op’ n groenteplaas gaan werk. Ek het geen naskoolse opleiding nie. Eers tien jaar later het my skoonpa, Koos Louw, vir my gesê dit is tyd dat ek hom op die
SW en Hannelie van Zyl binne hul verpakkingsaanleg op Vanzylsrus, waar aartappels vir groot ketting-winkels voorberei en verpak word.
JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 71