Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 135

VROUEBOER | DIE KRAALTJIE

In die sitkamer van die plaashuis op Die Kraaltjie gesels Elize van Greunen en haar seun Stéfan gemaklik oor die verskeidenheid aktiwiteite wat hulle op die plaas aanpak. Haar man André is die plaaslike geneesheer en die gesin is al ou bekendes in die dorp. Stéfan bedryf’ n byebesigheid wat boorde in die Langkloof bestuif. Elize sorg vir sowat vyfduisend kwartelhoenders en is voltyds besig met die inmaak en verpakking van eiers vir’ n groot kettingwinkel.

Heelbo: Kwarteleiers word in botteltjies geplaas en met’ n geheime mengsel ingelê –’ n proses wat Elize van Greunen oor jare vervolmaak het.