Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 104

VOLHOUBAARHEID | WOODLANDS DAIRY

Die diere, reeds vir die dag gemelk, staar nuuskierig terug. Hul ontspanne houding is’ n duidelike bewys van hul gemak en vertroue. Anders as vee in voerkrale, wat gewoonlik vir vreemdelinge weg-vlug, bly hierdie koeie gefokus— byna asof hulle die aandag geniet.

By die melkery verduidelik Hein Janse van Rensburg, melkery bestuurder, dat die koeie twee keer per dag gemelk word.

Van toe tot nou: Dertig jaar gelede het Woodlands Dairy op hierdie plaas begin met net’ n handjievol koeie en eenvoudige fasiliteite. Vandag getuig moderne strukture, waterherwinning, biomassa-verhitting en uitgebreide weivelde van’ n volhoubare visie.

JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 53