Grond tot Mond Jun/Jul 2025 - Issue 28 | Page 12

DEUR DIE LENS

REDBERRY FARM Foto ' s: Mia Truter

Toe Mark Miller en sy gesin van Komatipoort na George verhuis, was hulle op soek na’ n nuwe begin. Die pad van suikerriet tot sagtevrugte was nie sonder struikelblokke nie. Mark het, geïnspireer deur die By-belse verhaal van Josua en die prostituut Ragab wat’ n rooi lint as teken gebruik het, vir God gevra om hom te wys waar hulle moes wees. By die laaste plaas waar hulle gekyk het, het hy aan die hek gevat – en daar was’ n rooi tou vasgemaak. Dit was vir hom die teken.