Grond tot Mond Jun | Jul 2023 Uitgawe 16 | Page 12

NUUS | BROKKIES

Dis hoe Suid-Afrika se wêreldkampioen-blom gekweek is

Deur René Lötter
Met swart knoppe wat oopmaak in intens donkerpers blomme , het Agapanthus Black Jack , 17 ander spesies in die pas afgelope kompetisie geklop . Die groot prestasie was nie sommer ‘ n oornag sukses nie . Andy de Wet en Quinton Bean het al in 1995 die nuwe Agapanthus begin produseer .
Andy en Quinton is beide planttelers en eienaars by De Wet plante . Andy besit The Aloe Farm in Hartbeespoort dam en CND kwekery Sandton . In 2018 het hulle ‘ n derde prys by dieselfde skou gewen met Agapanthus Fireworks . “ Die probleem was , hy was nie heeltemal oop nie ,” vertel Andy . “ Dit was eintlik ‘ n goeie leerskool . Timing is belangrik want die steeds te werk aan die Agapanthus en ‘ n klomp ander plante .”
Grond tot Mond het Quinton gevra hoe hulle gevoel het toe hulle hoor hulle gaan dalk wen : “ Baie opgewonde ! Maar ons was steeds bang ‘ n Hydrangea gaan dalk wen by die finale beoordeling ”.
Wat is die kriteria vir ‘ n wen-blom ?
Andy de Wet en Quinton Bean . Planttelers en eienaars van CND kwekery .
blom moet op sy beste wees wanneer die beoordelaar dit sien . Hierdie keer het ons hom op vier verskillende plekke gekweek om te kyk watter een sal hom sy beste laat lyk vir die skou .”
Die Agapanthus word deur kruisbestuiwing en seleksie gekweek . “ Ons selekteer die ouers en maak 12 000 hand bestuifde saailinge per jaar groot .”
Andy meen dat eintlik word ons plaaslike flora nie benut nie . “ Ons werk op ongeveer 20 inheemse plant genera , en het heelwat bekende plante al vrygestel , soos Aloe ‘ Hedgehog ’ en ‘ Peri Peri ’ alsook Plectranthus ‘ Magic Mona ’.
“ Julle moet hierdie spasie dophou want ons is besig om
Vereistes is ‘ n lang blomseisoen , maklik om te groei en ‘ n unieke kleur . Andy verduidelik jy wil ‘ n plant groei wat wow is . “ Hulle soek iets splinternuut , iets wat anders was as wat ooit in die mark was en wat regtig ‘ n nuwe bydrae tot tuinbou maak ”.
Hierdie kampioen Agapanthus is eers in ‘ n weefsel-kultuur laboratorium gekweek en toe uitgevoer .
“ Om ‘ n Agapanthus te vermeerder moet mens hulle fisies verdeel , en dit neem baie lank ” verduidelik Andy .
“ Om genoeg te kry om die globale mark te voorsien moet die plant in ‘ n lab vermeerder . Dan word die klein plantjies uitgestuur vir mense om te groei .
“ Die naam Black Jack is spontaan deur ons Britse groeier gekies en ons het dadelik baie daarvan gehou !
“ Die naam moet kort en kragtig , maar ook beskrywend wees . Die blomknoppe is swart en as die blomme oopmaak is hulle ‘ n donker fluweel pers van kleur .
Hierdie plant is natuurlik nou baie gewild . Kwekerye in Europa en Engeland is tans almal uitverkoop . Daar is baie beperkte hoeveelhede beskikbaar by CND Nursery en The Aloe Farm .
12 GROND TOT MOND JUN | JUL 2023