BROKKIES | NUUS
Samewerking bou aan landbou se toekoms
Die Agbiz-kongres 2026 het landbou- en sakeleiers op 4 en 5 Junie in Gqeberha byeengebring om oor Suid- Afrika se landbouwaardeketting te besin. Onder die tema Embracing Collaboration is die belangrikheid van samewerking tussen die landbousektor, regering, finansiële instellings, akademici en ander rolspelers beklemtoon. Gesprekke het onder meer op handel, infrastruktuur, logistiek, finansiering, biosekuriteit, beleid en landbougroei gefokus.
JUL 2026 GROND TOT MOND 33