Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | 页面 130

ROTSVAS INDOOR RANGE | VUURWAPENHANTERING

Rotsvas werk daarom ook met jagorganisasies en hul lede saam om’ n kultuur van verantwoordelike en veilige vuurwapengebruik te bevorder.

VERANTWOORDELIKE EIENAARSKAP VOOROP

Eric beklemtoon dat Rotsvas nie vuurwapeneienaarskap as die oplossing vir elke persoon of veiligheidsprobleem voorhou nie.“ Ons sê nie dat almal’ n vuurwapen moet besit nie. Wanneer iemand wel daarvoor kies, moet die persoon verstaan watter verantwoordelikhede daarmee gepaardgaan.”

“ Slegs goeie opleiding en oefening kan verseker dat jy dan die regte besluit neem.”

Volgens hom kan’ n bedreigende situasie binne sekondes ontvou.’ n Vuurwapeneienaar moet dus oor genoeg opleiding, kennis en oordeel beskik om onder druk verantwoordelik op te tree.“’ n Mens wil nooit in’ n situasie beland waarin jy’ n vuurwapen moet gebruik nie. Goeie opleiding en gereelde oefening help jou egter om beter besluite te neem. Enige gebruik van’ n vuurwapen teen’ n ander persoon sal daarna deeglik ondersoek word.” Die broers wil uiteindelik nie net beter skuts oplei nie, maar’ n beter ingeligte gemeenskap help bou.“ Leer hoe om veilig rondom vuurwapens op te tree, selfs al beplan jy nie om self een te besit nie. Kennis, verantwoordelikheid en respek vir die wet bly die belangrikste,” sê Eric.

130 GROND TOT MOND JUL 2026