DIVERSIFIKASIE | VOLHARD
VAN CHEMIESE INGENIEUR TOT BOKBOER
Hulle het na Vredendal getrek en op die dorp gewoon terwyl Pieter by Namakwa Sands gewerk en as’ n naweekboer geboer het. Die plaas was baie afgeskeep, en hulle het die huis begin restoureer en die boerdery gaandeweg begin uitbou. Hulle het saam met hulle dogters, Anja en Corrine-Mari, rondgesoek na’ n geskikte boerderyvertakking. Toe die dogters op Koekenaap by’ n bokboer die boklammertjies sien, was die koeël deur die kerk en boerbokke die aangewese boerdery.
“ Pieter se planne raak nooit op nie. Elke stukkie grond word gebruik, en hy is nie bang om raad te vra nie.”
“ Ons het kursusse van die Boerboktelersgenootskap bygewoon, die eksamens geskryf en bokke op veilings begin koop. Ons het ook’ n paar melkbokke gekoop om ons lammers te kon voer.“ In dié tyd het ek ook my grootste boerbokvriend, Joubert van der Merwe van die Biedouwvallei, ontmoet. Hy was bereid om raad te gee, en doen dit tot vandag toe nog, oor die beste bokke en waarna’ n mens moet oplet, want ek kon myself maklik’ n gat in die sak koop.” Pieter het toe as ringbeampte by boerbokskoue begin optree om te sien watter diere die beste is, en sy stoet begin opbou.“ Geen diere word op die plaas geslag nie en alle bokke verlaat die plaas lewendig,” vertel Marietjie.“ Die bokke wat nie die stoet haal nie, word aan plaaslike bokboere verkoop. Die mense noem hom reeds‘ Pieter Bok’ omdat hy bekend is vir die goeie diere wat hy verkoop.”
JUL 2026 GROND TOT MOND 113