BOSCHENDAL
| O R GANI E S
Blyplek tussen die eike
Matt Stevens, die uitvoerende bestuurder vir
die gasvryheidsbedryf op Boschendal, kom sluit
vinnig by ons aan om ons die nuwe 340 m2 dub-
bel-volume Olive Press funksie-lokaal en die amfi-
teater te wys, maar eers gaan maak ons ‘n draai in
Megan McCarthy se groentetuin en die akkerbos
waar Jason Carroll se grondbruin, vryweidende
Duroc-varke woon.
Min varkplase volg hierdie praktyk. Boschen-
dal se varke kan hulle eie kos gaan soek en
uitgrawe en hulle het ook toegang tot ’n magdom
voedsame akkers wat daagliks deur die eikebome
afgegooi word, net soos die varke van die streke
in Spanje waar die hoogste graad Jamón ibérico
(Iberiese ham) gemaak word. Die diere is duidelik
gelukkig en lyk skoon en gesond. Nie ‘n reukie
hang in die lug nie.
Matt is ‘n groot, saggeaarde man, met ‘n
handdruk wat voel of dit jou arm sou kon afruk. Ek
is glad nie verbaas as ek later hoor hy het voorry
gespeel vir Engeland se Saracens en die Leeus
nie. Die tuin is nie net mooi en netjies uitgelê nie,
maar ek sien ‘n paar groentesoorte waarvan ek
nog net gehoor het.
Alles word heeltemal organies bedryf en
die plante lyk amper skokkend gesond. Tot die
onkruid, hoor ons, beland gereeld in Christiaan se
50
GROND TOT MOND
HERFS 2019
kospotte. The Olive Press is onlangs voltooi; in
die lug hang die reuk van vars gesaagde hout
en verf nog en ek verkyk my aan die netjiese
sederhoutplafon, hoog bokant ons.
The Werf Cottages, ‘n sestal kothuisies wat
uitkyk oor die grasperk, lyk na ‘n ideale slaap-
plek vir bruilofgaste ná ‘n uitgerekte troue. In
die agtergrond hoor mens die geluide van die
rivier wat verbyvloei. Op pad terug stop ons
vinnig by Rainer Raschbichler se slaghuis vir ‘n
paar stukkies ryk, goed gemarmerde biltong.
Dikrib, vissous en mede
Wanneer die middagkoelte deur die oer-
oue akkerbome begin nader dryf, nooi Chris-
tiaan ons na sy restourant toe. Michel neem
foto’s terwyl Christiaan vir ons sy flesse gefer-
menteerde eetgoed gaan wys.
Ons proe aan steeds fermenterende soja-
bone wat skoon uitswel soos dit gis, maar dit
proe gesond en so na aan lekker as wat so-iets
op sy eie kan proe. ‘n Fles heuningbier of karie,
amper so dik soos heuning, is die soetste en
natuurlikste mede wat ek nog geproe het. Dan
haal hy ‘n fles fermenterende vissous uit wat lyk
soos ‘n akwarium wat afgesterf het. Ek is half
bang om te proe, maar as Christiaan ‘n sopie
vat, besluit ek om tog maar my nek uit te steek.
LINKS BO:
Christiaan tuur
ingedagte terwyl
hy die laaste op-
dienveranderinge
aan die stokvis
aanbring.
BO: Twee rye
flesse, die lengte
van die muur
langs, huis-
ves Christiaan
se versameling
speserye, sade en
gefermenterende
eetgoed.