GROND tot MOND HERFS UITGAWE 2019 | Page 31

KLINK ’N GLASIE OP JOU GESONDHEID EN OP ALS WAT PURE PLAASLIK EN PROPVOL IN-SEISOEN WOEMA IS. IN-SEISOEN SITRUS, ROOIBOS & MINT ‘SMOOTHIE’ ’N OORSPRONKLIKE RESEP GESKEP DEUR SALOME BENADE, VAN CITRUSDAL EIENAAR & CHEF BY THE LOVELY GRAPEVINE Ons ‘Citrusdal Smoothie’ is lipafleklekker, maklik om te maak en spog met ’n kombinasie van net die beste uit Moeder Natuur se tuin. Te danke aan In-Seisoen Sitrus, Bobaas Rooibos en ’n super dosis ‘organiese’ Vitamien C, verrig dit wondere om jou immuniteit ekstra skop te gee in die kouer maande. ’n Paar glasies ’n week is inderdaad die beste medisyne om verkoues en griep natuurlik, en effektief, hok te slaan. Gesondheid! BESTANDDELE In-Seisoen Sitrus vir 400ml Sap (4 Clementines & 2 Lemoene) 45 ml Rooibos (Espresso) 2 Ysblokkies 1 teelepel Gemmer (gerasper) 4 cm Suurlemoenskil 6 Mintblare AANWYSINGS • • • • • • • Maak ’n Rooibos Espresso of ’n koppie baie sterk Rooibostee en laat dit afkoel. Gebruik jou keuse van plaaslike In-Seisoen Sitrus. 5 groot Clementines en 2 groot Lemoene maak genoeg sap vir 4 glase en/of ’n bekervol. Was, skil af en kap Sitrus in stukkies op. Rasper die vars Gemmer en Suurlemoenskil en kap Mintblare op. Plaas jou In-Seisoen Sitrus in ’n Versapper, of Smoothie-Maker. Meng bestanddele goed - voeg die Rooibos Espresso, die ysblokkies, die vars Gemmer en Suurlemoenskil en Mint, een vir een by die versapte Sitrus. Versap een rou Beet en voeg by vir ’n ekstra Vitamien hupstoot en ’n besonder verfrissende kleur. TIPS VIR SMOOTHIES Voeg plaaslike rou heuning by vir ’n bietjie gesonde (en natuurlike, anti-bakteriese, antiseptiese) soetheid. Belê in ’n herbruikbare strooitjie soos hierdie - byvoorbeeld uit glas of bamboes gemaak. Die vars bestanddele in hierdie resep, en vele meer, word met trots in die Wes-Kaap verbou - deur produsente wat jou gesondheid op die hart dra.