INTERESSANTE KATOENFEITE
• Katoen word in vyf van Suid-Afrika se provinsies geboer : KZN , Limpopo , Mpumalanga , Noord-Kaap en Noordwes . Katoen soek ’ n warm groeitydperk tussen November en Maart .
• Katoen is gewild omdat dit baie sterk en absorberend is , maklik droog word en sy kleur behou . Dis die vesel wat die meeste vir klere , verbande , banknote en beddegoed gebruik word .
• Katoen is uniek omdat dit die enigste gewas is wat sowel ’ n kos- as ’ n veselgewas is . Die katoenpluis of linters – die wollerigheid op die saad – bied sellulose wat in plastiek of papierprodukte van hoë gehalte , soos banknote , gebruik word , of as vulsels vir matrasse en meubels , ook in rekenaarskyfies , platskerm-TV ’ s en plofstof .
• Die katoensaad word fyngemaak en word dan in drie produkte verdeel . Die olie word in margarien , kookolie , slaaisous , skoonheidsmiddels , seep , kerse , skoonmaakmiddels en baie ander kommoditeite gebruik . Die meel word in vee , pluimveeen visvoer gebruik , asook in kunsmis . Die doppe word in kunsmis , brandstof en verpakking gebruik . Wat oorbly van die plant – die stingels en blare – word vir geparste papier en karton gebruik of word in die grond teruggeploeg om dit te verryk .
• Sowat 44 % van SA se katoen voldoen aan die Better Cotton Initiative ( BCI ) se standaarde ( wat dubbeld die wêreldwye standaard is ). BCI is ’ n wêreldwye , nie-winsgewende organisasie wat daarna streef om katoenproduksie te verbeter vir dié wat dit produseer , vir die omgewing en vir die bedryf se toekoms .
• Elke ton katoen wat geproduseer word , skep vyf werksgeleenthede .