Grond tot Mond Herfs 2021 Uitgawe 8 | Page 25

WAT MAAK MUNGO UNIEK ?
• Om organiese katoen te produseer is produsente van die temperatuur , humiditeit , reënval en grondtipe afhanklik . Dit is een van die uitdagendste maniere van boer . Produsente wat dit suksesvol wil doen , moet in pas met die aarde se ritme en die siklusse van die ekosisteem wees en minder op wetenskap staatmaak .
• Een katoen-handdoek weeg 500 gram en dit kan tot drie weke neem om 750 handdoeke te weef .
• Ongeveer 25 % van Mungo se produkte word oorsee verkoop . Dis moeilik om te bereken hoeveel oorsese toeriste hier kom koop om saam te neem huis toe , maar vir die 2020-boekjaar kan hulle met redelike sekerheid sê dat dit nie baie was nie .
• Die besluit oor watter produkte op die antieke en watter op die moderner weeftoestelle geweef moet word , is eenvoudig . Die spesiale items gaan deur die antieke masjiene wat 130 jaar gelede net organiese katoen geweef het . Die organiese somer-handdoeke en die organiese babakombersies tel hieronder . Die masjiene staan nie iewers onder ’ n doek en vergader stof nie .
• Volgens Mungo se vereistes word net spesifieke katoengare met ’ n sekere liniêre massadigtheid , wat in Denier ( D ) gemeet word , gebruik . Dit verwys na die massa per 9 000 meter van die vesel en dit word in gram weergegee .
• Om die plaaslike mark na organiese katoen-verbruikers om te skakel , moet prys as grootste struikelblok oorkom word . Mungo streef na kompeterende pryse , maar gaan nie kwaliteit vir laer pryse inboet om hul verkope te verhoog nie . Hul filosofie is om mense op te voed oor die voordele van organiese vesel en só die mark uit te brei .
• Dax sê Egiptiese katoen kom uit die vrugbare Nyl-vallei met katoen-kwaliteit en lengte wat beslis beter as Suid- Afrika is , maar hy is nie seker wat die werkstoestande van katoenwerkers in Egipte is nie .