Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 66

BEESRASFOKUS | BOVELDER

die komposietrasgroep, veral omdat dit die vraag na funksionele, kommersiële genetika weerspieël.

Sleutelrolspelers in die ras

Verskeie groot stoeterye en produsente speel’ n rol in die ras se ontwikkeling. Die ALS Groep, onder Thys Joubert, bestuur tussen 5 000 en 6 000 beeste oor verskeie provinsies en bedryf’ n omvangryke Bovelder stoet. Deale Boerdery in die Vrede distrik is bekend vir groot volume veilings met sterk genetiese aanbod. Highland Farms fokus sedert 1999 op uitgebreide Bovelder produksie in hoëliggende suurveld. Wicar Bovelders bestuur een van die oudste kuddes in Suid Afrika. Schmidt Boerdery reserveer jaarliks honderde verse en bulkalwers vir streng seleksie.

Die ALS Groep, onder Thys Joubert, bestuur tussen 5 000 en 6 000 beeste oor verskeie provinsies en bedryf’ n omvangryke Bovelder stoet.

’ n Ras met’ n duidelike identiteit

Die Bovelder is nie ontwerp vir uiterlike vertoon alleen nie. Dit is’ n funksionele bees wat op ekonomiese maatstawwe gemeet word. Die kombinasie van streng seleksie,’ n kort kalfseisoen, hoë vrugbaarheid, en veldgehardheid maak dit besonder geskik vir produsente wat in uitdagende omgewings werk.

Vir meer inligting kan produsente die Bovelder Bees Studiegroep kontak by info @ bovelder. co. za of bovelder. co. za.