Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 47

BROKKIES | NUUS

groepe op’ n plaas word gelyktydig siek nie. In sommige gevalle is slegs’ n deel van die groepe klinies aangetas.

Daar is geen behandeling wat bek-en-klouseer stop nie. Produsente gebruik antibiotika en anti-inflammatoriese middels om sekondêre infeksies te beheer en pyn te verlig, maar dit voorkom nie die siekte nie. Die fokus bly op ondersteuning en welsyn.

Benewens die produksieverliese is produsente ook gekonfronteer met regulatoriese en logistieke uitdagings. Vertraging van drie tot vyf weke vir PCRbevestiging is aangemeld, met ernstige agterstande by staatslaboratoriums. Kwarantynmaatreëls het kontantvloei onder druk geplaas, en die slag van klinies gesonde varke vereis spesiale goedkeuring en goedgekeurde abattoirs. Koppe, pote en afval moet veroordeel word. Sommige produsente moes rantsoene herformuleer om groei te vertraag en selfs tydelike behuising oprig om oorbevolking te bestuur.

VOORUITSIGTE EN HERSTEL

Ten spyte van groot verliese vroeg in uitbrekings, dui SAPPO se waarnemings daarop dat produksie ná drie tot vier weke begin stabiliseer. Op plase waar uitbrekings reeds vier tot vyf weke gelede was, het nuwe gevalle grootliks opgehou en speenvarkie-oorlewing het weer na normaal teruggekeer.

Die kernboodskap aan produsente is duidelik: neem aan dat die risiko hoog is waar beeste teenwoordig is, wees bedag op onverklaarbare vroeë vrektes onder speenvarkies, en stel noodplanne vooraf op vir voer, spasie en kontantvloei. Hierdie nuusberig is saamgestel uit SAPPO se feiteblad“ Foot-and-mouth disease( FMD) in pigs”( Januarie 2026).

FEB 2026 GROND TOT MOND 47