Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Seite 45

BROKKIES | NUUS

Bek en klouseer brei uit na varkbedryf

Bek en klouseer bly’ n ernstige bedreiging vir Suid- Afrika se veebedryf, en volgens SAPPO het verskeie varkeenhede die afgelope maande swaar getref. Hoewel die siekte reeds wydverspreid onder beeste voorkom, is dit nou ook in verskeie varkkuddes bevestig, selfs by produsente met goeie biosekuriteit. Dit dui daarop dat indirekte of omgewingsbesmetting moontlik’ n rol speel, eerder as duidelike biosekuriteitsfoute.

VROEË TEKENS MAKLIK MISGEKYK

Een van die grootste uitdagings is dat die eerste tekens van bek en klouseer by varke nie altyd tipies is nie. Skielike vrektes onder speenvarkies en jong varkies kan voorkom nog voordat enige sigbare letsels gesien word. Ander vroeë simptome sluit in lusteloosheid, mankheid en’ n skielike afname in voerinname.

FEB 2026 GROND TOT MOND 45