HANU EN MARISCA WILSENACH | P LU I M V E E
Foto ’ s : Hanu Wilsenach
Hanu en Marisca Wilsenach , ’ n passievolle man-en-vrou-span , het hul droom verwesenlik met ’ n unieke pluimveeboerdery net buite Witrivier in Mpumalanga . Hulle fokus op eksotiese en erfenishoenders , van sierlike hoenders tot kwartels en selfs tarentale . Hierdie nisbesigheid bied nie net ’ n konstante kontantvloei nie , maar ook ’ n kans vir diversifikasie in die bedryf .
Bo : Khaki Campbell eende en Silver Sjinese ganse geniet die son . Middel : Wit Sjinese ganse is uitstekende wagdiere en ’ n pragtige toevoeging tot die plaas . Onder : New Hampshire hoenders staan bekend vir hul robuuste gesondheid en uitstekende eiers . Boonste invoegsel : Hanu ondersoek tans die moontlikheid om Indiese poue op groter skaal te teel . Onderste invoegsel : Light Sussex hoenders is ’ n gewilde ras vir beide vleis en eiers .
50 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025