CGA SE NUWE HUB | DR BOITDHOKO NTSHABELE
Citrus Research International , wat voortdurend innoveer in bio-sekuriteit en volhoubare praktyke . Van die ontwikkeling van klimaatbestande kultivars tot die doeltreffendheid van tegnieke soos nette , bly navorsing noodsaaklik vir die toekoms van die bedryf .
V : President Donald Trump het aangekondig dat alle finansiële hulp aan Suid-Afrika onmiddellik gestaak sal word . Hoe sal dit die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf beïnvloed ?
A : AGOA verseker Suid-Afrikaanse sitrus se mededingendheid in die VSA . Indien dit nie hernu word nie , sal Suid-Afrika sy voorsprong verloor en moet dit gedurende die VSA se somer meeding om rakspasie met ander suidelike halfrondlande soos Peru en Chili , wat reeds invoerbelastingvrye toegang tot die VSA het en laer logistieke kostes geniet .
Indien Suid-Afrika uit AGOA verwyder word , kan duisende landelike werksgeleenthede , veral in die Wes- Kaap , in gedrang kom en meer as ‘ n miljard rand in uitvoerinkomste verlore gaan . Die sitrusbedryf bly in noue kontak met die regering en Suid-Afrika se verteenwoordigers in Washington DC , aangesien die belangrikheid van die VSA-mark vir landelike gemeenskappe nie onderskat kan word nie .