Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 90

CGA SE NUWE HUB | DR BOITDHOKO NTSHABELE

deer , moet sleutelhawens soos Durban en die Oos-Kaap hul doeltreffendheid dringend verbeter om groeiende uitvoervlakke te hanteer . Anders mis Suid-Afrika ‘ n belangrike geleentheid vir ekonomiese groei en werkskepping . Die enigste volhoubare oplossing is die spoedige vestiging van publiek-private vennootskappe by die hawens om seker te maak Suid-Afrikaanse sitrus bereik wêreldmarkte .

V : Baie landbou-organisasies en -besighede werk nou saam met die regering om produsente se behoeftes beter te verstaan . Jy het voorheen vir die Departement van Landbou en Onderstepoort Biologiese Produkte gewerk en is nou in die private sektor . Vind jy dit makliker om die bedryf se frustrasies te verstaan en ‘ n beter verhouding tussen kommersiële en opkomende boere en die regering te bou , veral met betrekking tot finansiële en landbouondersteuning ?

A : Uiteindelik deel die regering en die sitrusbedryf dieselfde doel – werkskepping en ekonomiese groei deur verhoogde uitvoere . Daar is soms verskille tussen die openbare en private sektor , maar ek glo die fokus moet eerder wees op die mense wat daagliks hard werk om oplossings te vind en ‘ n middeweg te skep .

V : Die sitrusbedryf was nog altyd ‘ n groot bydraer tot die land se ekonomie , en Suid-Afrika is een van die drie grootste sitrusuitvoerders ter wêreld . Hoe gaan jy as HUB seker maak dat hierdie status quo behou bly en selfs groei ?

A : As alle belanghebbendes en rolspelers saamwerk , kan Suid-Afrika teen 2032 na raming 260 miljoen 15kg-

46 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025