CGA SE NUWE HUB | DR BOITDHOKO NTSHABELE
V : Dit is altyd belangrik om nuwe idees , werksmetodes en ‘ n vars benadering tot ‘ n nuwe posisie te bring . Daar is ‘ n spreekwoord wat sê : “ nuwe besems vee skoon .” Dit kan ‘ n positiewe impak op ‘ n organisasie soos die CGA hê . Sal daar ‘ n nuwe benadering tot ou metodes , beleide en strukture wees wat jy as HUB wil implementeer ? Kan jy asseblief ‘ n paar hiervan uitbrei ?
A : So belangrik as wat “ nuwe besems skoon vee ” is , is dit net so noodsaaklik om nie die wiel te herontwerp nie . My doel is om voort te bou op die sukses van die CGA . Dit is ‘ n eer om in die voetspore van Justin Chadwick , ‘ n bedryfslegende , te volg . Daar is altyd nuwe maniere om die uitdagings in die sitrusbedryf aan te pak . My prioriteite sluit in die uitbreiding van marktoegang vir produsente , die dringende verbetering van logistieke doeltreffendheid , veral by hawens , en om te verseker dat inklusiewe groei ‘ n kernbeginsel in die bedryf bly .
V : Die sitrusbedryf was die afgelope paar jaar in die nuus , of dit nou oor uitvoeruitdagings , koelberging , logistiek , heffings of siektes gaan . Hoewel die CGA reeds baie bereik het , is daar steeds uitdagings wat aandag verg . Wat is die prioriteitskwessies tans en hoe sal die CGA verseker dat goeie praktyke en positiewe beleide geïmplementeer word in die beste belang van sy lede ?
A : Oop en eerlike kommunikasie in die logistieke sektor is noodsaaklik . Hoewel die CGA die vordering van Transnet en die Nasionale Logistieke Krisiskomitee waar-
44 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025