DR BOITDHOKO NTSHABELE | CGA SE NUWE HUB
V : Vertel ons waar jy gebore is , oor jou skool- en tersiêre opleiding , asook oor jou familie . Beoefen jy enige stokperdjies in jou vrye tyd ?
A : Ek het in die Noordwes-provinsie grootgeword en my skoolloopbaan aan Bethel Hoërskool in Coligny voltooi . Daarna het ek veeartsenykunde aan MEDUNSA studeer en verdere kwalifikasies in besigheidsbestuur verwerf . Ek is getroud en het twee seuns . In my vrye tyd geniet ek gholf en tennis , en ek is ook ‘ n ywerige atleet wat al verskeie kere die Two Oceans- en Comradesultramarathons voltooi het .
V : Gee vir ons ‘ n kort agtergrond van jou akademiese loopbaan en jou vorige werksgeskiedenis .
A : Ek het uitgebreide ervaring in die akademiese veld as ‘ n senior lektor aan die Noordwes-Universiteit , in die privaat sektor by Bytes Specialised Solutions , en in die openbare sektor . Die afgelope vyf jaar het ek as Direkteur van Biosekuriteit by die Departement van Landbou , Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling gedien . Ek het ook verskeie leierskapsposisies beklee by Onderstepoort Biologiese Produkte en was van 2015 tot 2019 Ministeriële Raadgewer vir Landbou by die Suid- Afrikaanse Ambassade in België , Luxemburg en die Sending na die Europese Unie .
V : Vertel ons van jou eerste week in die kantoor , of eerder , jou eerste week in die skoene van die nuwe HUB .
A : Ek het van dag een af momentum gehad ! My nuwe pos as HUB het saamgeval met Fruit Logistica in Berlyn , waar ek met die span gereis en nuwe skakels gebou het om Suid-Afrikaanse sitrusuitvoere uit te brei .
FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 43