Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 74

NUUS | BROKKIES

Suid-Afrika se waterkrisis is nog lank nie iets van die verlede nie . Wisselvallige weerpatrone , met droogtes en oorstromings wat wissel , bring groot uitdagings vir voedselvoorsiening en pryse . Maar in die Sandveld wys aartappelboere dat slim boerderypraktyke en waterbesparing die sleutel is tot volhoubare voedselproduksie .

Volgens Monique Vlok , voorsitter van die Sandveld Aartappelprodusentevereniging , het boere in die streek aktief belê in presisie-besproeiing en grondvogmonitering om water so doeltreffend moontlik te gebruik . “ Water is Suid-Afrika se skaarsste en kosbaarste hulpbron . Ons moet elke druppel slim aanwend ,” sê sy .

Waterbesparing maak ‘ n werklike verskil

Navorsing deur die Universiteit van Pretoria toon dat Sandveld-boere oor die afgelope dekade hul waterverbruik met gemiddeld 20 % verminder het . Een van hierdie boere , Johan Smit , het sy eie watergebruik met 30 %

38 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025