Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 68

BROKKIES | NUUS

baarheidstelsel suksesvol te implementeer . RMIS het in November 2024 die eerste fase van Suid-Afrika se rooivleis-naspeurstelsel bekendgestel . Dit behels ‘ n globale liggingstelsel wat plase , voerkrale , veilings-huise en slaghuise identifiseer en ‘ n databasis vir naspeurbaarheid skep . In latere fases sal boere diere met unieke nommers merk , en rekords sal digitaal geïntegreer word om ‘ n volledige , deursigtige databasis te bou .

RMIS het in November 2024 die eerste fase van Suid-Afrika se rooivleis-naspeurstelsel bekendgestel .

Volgens Dewald Olivier , uitvoerende hoof van RMIS , kan hierdie stelsel die belangrikste vooruitgang in die veeboerdery wees sedert Suid-Afrika ‘ n netto uitvoerder van rooivleis geword het . Hy beklemtoon dat sukses afhang van samewerking tussen boere , veilingshuise , voerkrale , abattoirs en regeringsentiteite .

Baie lande het reeds suksesvolle naspeurbaarheidstelsels . Uruguay het byvoorbeeld ná ‘ n bek-en-klouseeruitbraak in 2001 ‘ n stelsel ingestel wat vandag sy beesvleis toegang tot topmarkte gee .

Die nuwe landbouminister , John Steenhuisen , het reeds erken dat so ‘ n stelsel noodsaaklik is , nie net vir uitvoere nie , maar ook om veediefstal plaaslik te bekamp .

‘ n Doeltreffende naspeurstelsel is noodsaaklik vir Suid- Afrika se landbougroei en voedselsekerheid . Alhoewel die pad na volle naspeurbaarheid uitdagend sal wees , is die voordele oorweldigend .

FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 35