NUUS | BROKKIES
Oproep om nominasies : Agri-Expo soek jong suiwelbedryfgrensverskuiwer
Agri-Expo , in samewerking met Hollard , is op soek na Suid-Afrika se volgende jong grensverskuiwer in die suiwelbedryf . Belanghebbendes in die bedryf word aangemoedig om uitsonderlike individue wat ‘ n betekenisvolle bydrae in hierdie belangrike sektor maak , te nomineer .
Clement October , hoofkaasmaker by Klein River Cheese in Stanford en die eerste ontvanger van die Hollard Game Changer-toekenning , het ‘ n kontantprys van R50 000 tydens die 2024 Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings ontvang . Van links is Andries Wiese , Nasionale Besigheidsontwikkelingsbestuurder van Hollard , Clement October , en Breyton Milford , Hoofbestuurder van Agri-Expo .
30 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025