Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 53

BROKKIES | NUUS

omstandighede te verbeter ,” sê Nantes Kelder , nasionale projekkoördineerder van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum .

“ Saai se betrokkenheid by projekte soos hierdie fokus op die meganisering , modernisering en kommersialisering van kleinskaalse boerdery . Dit is werklik vervullend om te sien hoe die gemeenskap groei en vorder op die reis na kommersialisering ,” sê Leon Lourens , ontwikkelingskoordineerder by Saai .

“ Daar is baie onbenutte , hoëpotensiaal landbougrond beskikbaar in die kommunale , landelike gebiede in die land , maar terselfdertyd is daar ’ n groot gebrek aan finansiering en kundige ondersteuning vir landbouontwikkelingsprojekte . Dit is hier waar AfriForum en Saai in samewerking met tradisionele leiers en hul gemeenskappe intree om op grondvlak , waar dit die nodigste is , ’ n positiewe impak te maak ,” sê Barend Uys , hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum .

“ Gesamentlike projekte , gebaseer op wedersydse erkenning en respek , bou begrip en samewerking wat noodsaaklik is vir ’ n vry , veilige en voorspoedige toekoms ,” sluit Uys af .

FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 27