NUUS | BROKKIES
Koningin Gaboilelwe , die gemeenskap , AfriForum en Saai het in 2020 die projek begin . Die groentetuin van 0,75 hektaar is nader geskuif , omhein en toegerus met ’ n boorgat en sonkraggedrewe drupbesproeiingstelsel , aangesien dit oorspronklik sonder besproeiing en ver van die gemeenskap geleë was .
Die tuin word as ’ n gemeenskaplike tuin bestuur , met individuele eienaarskap van beddings . Hierdie model , met samewerking en kundige ondersteuning , dra by tot die sukses van die projek .
“ Die verkryging van inkomste deur die verkoop van produkte van die projek is ’ n belangrike tree in die gemeenskapslede se reis na selfstandigheid .”
“ Landbouontwikkeling is ’ n kernbelangrike deel van ons plan om die Barolong Boo Seleka-kultuurgemeenskap se lewensomstandighede te verbeter . Ek is baie trots op hierdie gemeenskap , wat eienaarskap neem en met soveel deursettingsvermoë werk om ’ n toekoms vir hulself te skep . Dit is verblydend om te sien dat ons gemeenskappe in ons koninkryk gehoor gegee het aan die oproep om konstruktiewe ondersteuning te benut , slagofferskap verwerp en hul toekoms in hul eie hande neem ,” sê koningin Gaboilelwe Moroka , koningin van die Barolong Boo Seleka-kultuur-gemeenskap .
“ Die verkryging van inkomste deur die verkoop van produkte van die projek is ’ n belangrike tree in die gemeenskapslede se reis na selfstandigheid . Dit is ’ n voorreg om met gemeenskapslede saam te werk wat eienaarskap neem en toegewyd werk om hul lewens-
26 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025