Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 48

BROKKIES | NUUS

AfriForum en tradisionele leiers : Bondgenote in die stryd teen armoede

Die groenteprojek by die Noga ’ s Post-nedersetting buite Thaba ’ Nchu in die Vrystaat , wat deur die gemeenskap , koningin Gaboilelwe Moroka , AfriForum en Saai aangepak is , het onlangs 800 kg uie opgelewer . Dié oes is in nabygeleë nedersettings en aan skole verkoop , terwyl daar ook van die uie aan persone met gestremdhede en bejaardes in die gemeenskap geskenk is . Die geld wat deur die verkoop van die oes ingevorder is , word gebruik om insette vir die volgende plantsiklus aan te koop , terwyl dit ook ’ n inkomste vir die betrokkenes beteken het .

FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 25