Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 46

NUUS | BROKKIES

Wys ons jou boerpampoen ( geregte )!

Die Cullinan Boere-unie , in samewerking met TLU SA , nooi jou uit na die opwindende 2025 Goliat van Gat Pampoenfees ! Die fees vind plaas tussen 09:00 en 15:00 op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton en beloof iets vir almal – van reusepampoene tot smullekker pampoengeregte .

Hierdie jaar staan verbruikers en deelnemers in die kollig met die heerlike pampoengeregkompetisie wat vir almal oop is ! Of jy deel is van ‘ n boere-unie of net ‘ n passievolle kok , hierdie is jou kans om kreatief te raak met pampoen . Maak nie saak of dit goudbruin pampoenpoffertjies , ‘ n romerige pampoensop , pampoenpasteitjies of daardie klassieke pampoentert van jou ouma is nie – jou unieke skepping kan groot pryse wen !

Henri Combrink , organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees , moedig almal aan om betrokke te raak : “ Hierdie fees is nie net vir die groot pampoene nie , maar vir groot geesdrif in die kombuis ! Ons nooi alle kosliefhebbers om hul resepte te deel en deel te wees van hierdie feestelike ervaring .”

Die reuse-pampoenkompetisie bly steeds ’ n groot trekpleister , met kategorieë soos die 10 grootste pampoene , ook die mooiste en die lelikste . Daar is ook ’ n spesiale kategorie vir kinders onder 16 jaar , sowel as inskrywings vir ander groentes soos reusekomkommers en tamaties .

Kom skep saam herinneringe , deel jou passie vir pampoene , of geniet net die stalletjies , kos en gees .

Vir inskrywings en meer inligting oor stalletjies , kontak Henri Combrink by 082 552 9428 of e-pos culliboer @ gmail . com .