KOEITJIES & KALFIES
 Koeitjies & kalfies
 Geniet ‘ n paar diamantjies van landbou-gefokusde sosiale media platforms . Van skerpsinnige vrae en ligte grappies tot hartroerende verhale wat jou dag sal opkikker .
 Wat kan ek gebruik om ‘ n sny in my JoJo-tenk mee reg te maak ?
 ( - Kom ons Boer )
 Gebruik ‘ n kabelbinder en soldeerbout : Een gebruiker het sukses behaal deur ‘ n kabelbinder met ‘ n soldeerbout in die gleuf te smelt . Hierdie metode hou al drie jaar .
 Kontak JoJo se kliëntediens : JoJo se kantore bied uitstekende diens en kan moontlik verdere hulp verleen .
 Gebruik ‘ n stuk van ‘ n ou tenk en ‘ n hittepistool : ‘ n Ander metode behels die gebruik van ‘ n stuk plastiek van ‘ n ou tenk , die skoonmaak van die beskadigde area , en dan die gebruik van ‘ n hittepistool om die plastiek te smelt en die sny toe te maak .
 18 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025