Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 27

HANDIG & NUTTIG

HANDIG & NUTTIG

Hierdie produkte het ons aandag getrek !

Vrywaring : Pryse sluit BTW in . Pryse was korrek ten tyde van druk , maar kan te eniger tyd sonder waarskuwing verander .
14 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025

Kooduu Synergy All-In-One Wine Cooler Speaker & Lamp - Large

’ n Perfekte balans tussen styl en funksionaliteit ! Hierdie draagbare LED-lamp dien as ‘ n wynkoeler , Bluetooth-speaker en dimbare lig met vier verskillende intensiteite . Kooduu se Bright Sound Technology bied ‘ n hoë-gehalte klankervaing , terwyl die waterdigte ontwerp dit ideaal maak vir die buitelewe . Met ‘ n ingeboude herlaaibare battery kan jy ure lank musiek en sagte beligting geniet . Koppel dit met ‘ n tweede luidspreker vir ‘ n meeslepende True Wireless Stereoklankervaring .

R4 999 – www . yuppiechef . com Artisanal Spice No . 14 Fynbos Chilli Oil - 250ml

’ n Ryk en geurige olie met ‘ n subtiele byt ! Gooi dit oor pizza , pasta of geroosterde groente vir ‘ n vinnige en smaakvolle opgradering . Hierdie fynbos-en-brandrissie-geïnfuseerde ekstra suiwer olyfolie bring ‘ n aardse soetheid met ‘ n tikkie speserye . Soos ‘ n goeie rooiwyn , word dit net beter met tyd . Handgemaak met trots en geïnspireer deur Suid-Afrikaanse Indiese geure .

R140 – www . artisanalspice . com