PLUIMVEE | HANU EN MARISCA WILSENACH
EIENAAR : Hanu en Marisca Wilsenach AREA : Witrivier , Mpumalanga
KONTAK : 062 308 6460 badmanorpoultry @ gmail . com
VAN ORNAMENTELE HOENDERS TOT DIVERSIFIKASIE
Hanu se boerdery het begin met ornamentele hoenders , insluitend rasse soos Brahmas , Orpingtons , Sussex en ander unieke hoenderrasse . Sy vrou , Marisca , is by SASPO geregistreer as ‘ n teler , en hulle werk aan hul eie bloedlyne met die doel om in die toekoms aan skoue deel te neem . Wat begin het as ‘ n stokperdjie met Orpingtons , het gou uitgebrei na die verkoop van kuikens om kontantvloei te verseker . Dit het verder gegroei met die installasie van broeikaste en die teel van verskeie pluimveevertakkings .
Wit , gemengde en grys tarentale is almal deel van Hanu se eksotiese pluimveeversameling .
FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 51