GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 91

WAARDEKETTING | DIE OUTSPAN FARMSTAL
KOMPOSTEE
Biltong is egter nie die enigste bron van inkomste wat uit die 2 600 ha plaas , Cameeldraai , gegenereer word nie . Die huidige geslag van Reenenbroers , JP en Russell , is besig om hul merk op die landbou-omgewing te maak .
JP is verantwoordelik vir die gewasverbouing , terwyl Russell na die vee omsien . Hulle glo in die beginsels van herlewingslandbou . Hoe nader hulle saam met die natuur kan boer , hoe beter glo hulle .
JP maak sy eie kompostee . Die komposmetode wat hy gebruik is geskoei op die Johnson-Su-beginsels . Dit is ’ n aërobiese metode en fokus daarop om die grondgesondheid te herstel deur mikrobes terug te plaas in die grond .
Die kompos in die houers word daagliks natgemaak . Hiervoor is ’ n besproeiingstelsel bo-oor die houers geïnstalleer met fyn spuitkoppe . Die kompos word net klam gehou . JP van Reenen voeg erdwurms by die kompos waaruit die kompostee gemaak word om te help met die afbreek van plantmateriaal . Die finale
JP van Reenen voeg erdwurms by die kompos waaruit die kompostee gemaak word om te help met die afbreek van soliede plantmateriaal .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 91