DIE OUTSPAN FARMSTAL | WAARDEKETTING
Celeste van Reenen bestuur die biltongwinkel en verduidelik dat daar elke dag vars biltong opgehang word . So , maak hulle seker dat daar biltong is vir elke voorkeur – nat , effens nat , effens droog en kurkdroog .
Maar , dit is net ’ n gedeelte van dié geskiedenis wat hulle deel . Soos enige ander familieresep word die Van Reenenbiltongresep se geheim baie styf teen die bors bewaar . Die goeie nuus is dat die voorafgemengde biltongspeserye te koop is sodat mens jou eie Van Reenen-biltong by die huis kan gaan maak .
Ons het van die biltongspeserye gekoop om huis toe neem om later ons eie Van Reenen biltong te maak . Binne in die houertjies is ’ n beknopte geskiedenis van die Van Reenens se biltongreis met aanwysings vir die maak van jou eie biltong . Wat jy nié in die houertjie gaan kry nie , is die geheime biltongspeseryresep .
“ Ons gebruik net A-graad silverside vir die biltong ,” vertel Celeste ons . Sy sê hulle sny maandeliks sowat 500 kg vleis op vir biltong en droë-wors . Dit is 6 ton ’ n jaar ! Aanvanklik het hulle self op die plaas geslag , maar met die aan verander . Nou kry hulle die vleis by die nabygeleë abattoir .
90 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023