GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 89

WAARDEKETTING | DIE OUTSPAN FARMSTAL
Celeste van Reenen bestuur die Biltongwinkel en verduidelik dat daar elke dag vars biltong opgehang word . So , maak hulle seker dat daar biltong is vir elke voorkeur – nat , effens nat , effens droog en kurkdroog .
Die Outspan plaaspadstal is die tuiste van die Van Reenen Biltongwinkel en The Coffee Patch-kafee . Die hoofaantrekking is egter die biltong . Die resep het sy ontstaan in 1848 tydens die Groot Trek gehad toe Franciscus Josephus van Reenen , biltong gemaak het om die vleis tydens die lang reis te bewaar . En hierdie resep word al vir meer as 150 jaar van geslag tot geslag oorgedra .
Dewet en Sharyn van Reenen het die plaas Cameeldraai in die 1996 gekoop en besluit om die stukkie geskiedenis met ander te deel deur die biltongwinkel in 2002 oop te maak .
NAAM : The Outspan Farmstall EIENAAR : Van Reenen Familie AREA : Bergville , KwaZulu-Natal KONTAK : www . vanreenenfarming . co . za
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 89