GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 88

DIE OUTSPAN FARMSTAL | WAARDEKETTING

BILTONGRESEP UIT DIE GROOT TREK EN INNOVERENDE KOMPOSTEE is hierdie familie se behoud

Woorde : Magda du Toit | Fotografie : Helenus Kruger
Die Van Reenen Pas , een van die besigste bergpasse in die land , is 30 km noordwes van Ladysmith . Die pas is vernoem na die dorpie Van Reenen aan die bo-punt van die pas . Die dorp het sy naam te danke aan Franciscus Josephus van Reenen wat sy trek uit die Kaap Kolonie hier afgesluit en grond in die gebied besit het . Die grond is later jare verkoop en sy nasate , Dewet en Sharyn van Reenen , het die plaas Cameeldraai aan die hange van die Drakensberge gekoop en hier begin boer .
88 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023