GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 87

WAARDEKETTING | LIVING WATER / RAIN SPA
“ Olyfolie , wat ons hier vervaardig , is ‘ n belangrike bousteen in talle van ons produkte . Dit word ook met ander plantolies , soos kokosneutolie en byewas , gekombineer om van ons ander unieke produkte te skep ,” vertel sy met trots .
“ Wat Rain van ander skoonheidsmiddels onderskei , is die feit dat ons produkte natuurlik is en dat ons alles in ons eie fabrieke vervaardig . Ons koop nie ander produkte in en meng dit om ‘ n produk te skep nie - alles is oorspronklik . Die bestanddele is alles bioafbreekbaar . Selfs die klein deeltjies wat in ons skilfermiddels of scrubs gebruik word , is plantaardig – soos die fyn appelkoossade in een van ons produkte . Dit verval dus natuurlik en word nie as onafbreekbare afval in waterstelsels gestort nie . Ons is ook trots op ons unieke skeppings en die feit dat ons die laventel en rose wat op die plaas gekweek word , in ons produkte

Rain het reeds 28 winkels in Suid-Afrika , vier in Ierland , en een in die VSA .

gebruik ,” sê sy . “ Ek weet ons produkte is nie goedkoop nie en dit is op omgewingsbewuste klante gemik . Maar dit is wat ‘ n mens kan verwag van produkte van hoë gehalte wat goeie resultate lewer . Ons winkels in al die grootste winkelsentrums dwarsoor Suid-Afrika vaar goed , ondanks beurtkrag en swak ekonomiese omstandighede ,” beaam Julius .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 87