GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 83

WAARDEKETTING | LIVING WATER / RAIN SPA
die produkreekse is dat dit nie skerp geure soos baie sintetiese produkte het nie .
Bev Missing het Rain aanvanklik as ‘ n vervaardiger van natuurlike sepe begin , maar die produkaanbod is sedertdien aansienlik uitgebrei . Die handelsnaam is nie alleen plaaslik nie , maar ook internasionaal uitgebrei en die fabriek waar die produkte tans vervaardig word , fokus op groentegnologie en -prosesse. Groot klem word gelê op die natuurlike aard van die produkte en die bestanddele wat daarin gebruik word .
Ter ondersteuning van hul uitgangspunt dat die onder-neming selfvoorsienend moet wees , is groot boorde olyfbome op Dalrivier gevestig en die ekstra suiwer olie wat hieruit verkry word , dien as basis vir talle van hul skoonheidsprodukte . Vars olyfolie word aan restaurante verskaf en tussen 3 000 en 4 000 l word jaarliks na Taiwan uitgevoer .
“ Ons moes self al die waterverspreiding- en besproeiingstelsels en die elektrisiteitsnetwerk vir die bedryf van die olyfboorde en die fabrieke insit , maar weer eens kon ons dit alles doen met die kennis
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 83