GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 82

LIVING WATER / RAIN SPA | WAARDEKETTING
om die voorraadverlies tot op 2 % af te bring – iets wat min ander hulle kan nadoen .
Julius se ma , Ilze , het op hierdie plaas afgekom toe hulle na grond in die Kaap begin soek het . Sy het toevallig , nadat die plaas reeds in 1996 oorgeneem is , tydens ‘ n besoek aan die Franschhoek-museum agtergekom dat die oorspronklike plaas deel was van die plaas wat haar voorouers ontvang het toe hulle as Hugenote na Suid-Afrika gekom het . Aanvanklik was dit ongeveer 18 ha , maar nou beslaan die plaas 50 ha .
Rain het reeds 28 winkels in Suid- Afrika , vier in Ierland , en een in die VSA . “ Hier op Living Waters ondersteun ons die ander projekte met die bou van huise en fabrieke sowel as die verskaffing van infrastruktuur . En ons Rain-aanleg word ook van hier bedryf ,” vertel Julius met tevredenheid .
Europeërs stel belang in die produkte omdat die kwaliteit so hoog is en omdat dit van natuurlike bestand-dele gemaak is . Verkope groei stadig maar seker in die buiteland , ondanks die feit dat hulle nie duur bemarkingsveldtogte voer nie . Deel van die gewildheid van
Onder : een van die lokale op die plaas waar uitstalrakke vir Rain-produkte gemaak word . Regterkant : die Rain-reeks skoonheidsprodukte sluit in persoonlike versorgings en kosmetiese produkte - van badseep tot velsorg . Alles word met die hand gemaak , met natuurlike bestanddele en en daar is deurgaans ’ n fokus op omgewingsvriendelikheid .
82 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023